• Harmonie Park
  • Harmonie Park
  • Harmonie Park
  • Harmonie Park
  • Harmonie Park
  • Harmonie Park
  • Harmonie Park
  • Harmonie Park
  • Harmonie Park
  • Harmonie Park

Harmonie Oord bestaan sedert 2006 en is ‘n gemeenskapsgebaseerde verblyf- en ondersteuningsfasiliteit vir bejaardes. Die bejaardes in die fasiliteit moet sonder versorging kan funksioneer.  Fooie deur inwoners betaal dek hoofsaaklik die bedryfsuitgawes.  Etes word hoofsaak gegee uit donasies ontvang.

Daar is 156 enkel kamers en 32 dubbel kamers en verskaf verblyf aan ongeveer 193 selfversorgende inwoners. Die kamers is toegerus met ‘n ingeboude kas, ‘n wasbak, asook kragpunte.  Daar is meerdere gemeenskaplike badkamers op elke vloer.  Elke vloer beskik oor ‘n gemeenskaplike kombuis waar inwoners vir hulself ‘n ligte aandete kan maak en self hul skottelgoed kan was.  Die vertrek word gewoonlik sommer ‘n lekker kuierplek vir die inwoners. 

Inwoners moet self hul kamers skoonmaak.  Ontbyt en middagetes, dienssentrum, aktiwiteite en sekuriteit word hier teen ‘n bekostigbare tarief vanaf R1 375 per maand aan die inwoners met ‘n beperkte inkomste verskaf. 

Harmonie het ook ‘n gemeenskaplike waskamer waar inwoners self hul wasgoed doen, ‘n speletjies vertrek, biblioteek en eetsaal.  Danksy die ondersteuning van die Lotto beskik Harmonie Oord oor ‘n bussie om inwoners na die Tshwane Kliniek op vasgestelde dae te neem en ook op uitstappies.

 

Clothes Oord   Voortrekker visit Oord

 Bedroom 1 Oord  Self Service Kitchen Oord  

 Dining hall Oord  Bedroom 2 Oord

Getting food Oord     Soup Oord     Getting food 2 Oord

 

      

 

Copyright © 2014 Harmonie Park | Terme & Voorwaardes Geld | Webwerf deur A-web